\"Writing.Com
*Magnify*
SPONSORED LINKS
Printed from https://www.writing.com/main/view_item/item_id/1768001-Meisie-met-wie-ek-wil-trou
Item Icon
Rated: E · Poetry · Romance/Love · #1768001
Ware liefde
Ek ken ‘n meisie met ogies, wat kyk deur my hart.



Met stemmetje soos ‘n hemelse harp.







Sy is die een waarvan ek droom,



Sy maak my lewe skoon,



As sy by my is voel dit ek rook boom.



Daaroor kan ek nie eers skroom.







As ek aan haar dink,



Voel dit ek gaan sink.



Sy is die steretjie wat altyd uit blink.







As ek haar handjie vas hou,



Weet ek dit saam haar wat ek ‘n huisie wil bou.



Daar is geen twyfel dat ek met haar gaan trou.







Daar is niemand soos sy,



Sy maak my net so bly.



Daaroor kan ek nie stry.







As sy soms huil,



Voel ek soos Daniël in die leeu kuil.



Verskrik en bang dat ek verewig na haar sal moet verlang.







Ek is net vir haar lief,



Sy is ‘n ware hartjie dief.







As sy my sien en so skaam lag,



En ek vat haar handjie so sag.



Gee sy my nuwe krag.







Dan weet ek dis waar ek wil wees,



Daar is geen meer vrees.



Ek is so lief vir jou,



En ek weet ek gaan met jou trou.





© Copyright 2011 Lukas du Toit (konyn at Writing.Com). All rights reserved.
Writing.Com, its affiliates and syndicates have been granted non-exclusive rights to display this work.
Printed from https://www.writing.com/main/view_item/item_id/1768001-Meisie-met-wie-ek-wil-trou