*Magnify*
SPONSORED LINKS
Printed from https://www.writing.com/main/view_item/item_id/1403258-YSPALEIS
Rated: E · Other · Other · #1403258
Ys, Ysprinses, drome, glas
Jy het my gekry op koue ys
My hart brandend vir 'n liefde
wat verlore was,
Die Ysprinses -
verdwaal in drome van glas
Die koue ys om my hart
het jou warm sonstrale weggekaats,
weg op 'n afstand wat veilig was.

Ys is egter nooit bestand
teen liefde en sonskyn nie,
En jou tere liefde
het die kors om my hart gesmelt
en my weer nuwe lewe gegee -
'n Lewe van net ons twee!
© Copyright 2008 Yolande van Coller (rockbabe at Writing.Com). All rights reserved.
Writing.Com, its affiliates and syndicates have been granted non-exclusive rights to display this work.
Printed from https://www.writing.com/main/view_item/item_id/1403258-YSPALEIS